Metaalperd (astrologie)

庚午

Die Metaalperd (庚午, gēngwǔ) is die sewende jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sewende Hemelstam (庚, gēng; die element Metaal en Jang) met die sewende Aardtak (午, ), gesimboliseer deur die Perd (馬, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalperdjaar het in 1990 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 27 Januarie 1990 tot 4 Februarie 1991.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search